Oorstromings eis lewens in die Filippyne

Die dodetal weens swaar reën en oorstromings in die suide van die Filippyne het tot minstens 25 gestyg en 26 mense word nog vermis. Die land se rampbestuursraad sê die meeste sterftes is deur kitsvloede veroorsaak. Dit het meer as 166 000 mense geraak en meer as 45 000 is gedwing om in ontruiming-sentrums te skuil. ‘n Eenjarige meisie en ‘n 64-jarige man, wat in afsonderlike voorvalle in die Camarines Sur-provinsie, suidoos van Manila, verdrink het, is onder die slagoffers.