Oorsprong van die Covid-19-virus bly ‘n ope vraag

Amerikaanse intelligensie-agentskappe sê hulle sal dalk nooit die oorsprong van die
Covid-19-virus kan opspoor nie, maar hulle gevolgtrekking is dit is nie as ‘n biologiese
wapen geskep nie. Die kantoor van die Amerikaanse Direkteur van Nasionale
Intelligensie sê in ‘n nuwe verslag oor waar die virus begin het, dier-tot-mens-oordrag
en ‘n lek uit ‘n laboratorium is albei aanvaarbare teorieë oor hoe dit versprei het. Maar
daar is nie genoeg inligting om ‘n besliste gevolgtrekking te kan maak nie. China het die
verslag gekritiseer.