Oorskot van vryheidsvegters word herbegrawe

Die Namibiese kabinet het beslis dat die oorskot van vryheidsvegters wat regoor die land begrawe is, herbegrawe sal word by spesiaal geselekteerde begraafplase na daar met familielede ooreengekom is. Die ministerie van verdediging sal die proses hanteer. Die voormalige minister van verdediging Nahas Angula sê dit is ‘n belangrike stap om die geskiedenis van die land te bewaar.