Oorskot met Brian Laundrie se notaboek gevind

Ondersoekers in die VSA sê menslike oorskot is in ‘n Florida-bewaringsgebied gevind, tydens die soektog na Brian Laundrie, die oorlede blogger, Gabby Petito se verloofde. Volgens die FBI is verskeie persoonlike items, wat ‘n rugsak en notaboek inslui, van Laundrie by die oorskot gevind. Laundrie word meer as ‘n maand vermis na hy sonder Petito na ‘n vakansie by die huis aangekom het. Petito se oorskot is op 19 September in Wyoming gevind. Laundrie het net voor dit spoorloos verdwyn. Hy is nie van haar moord aangekla nie maar wel van bedrog omdat hy haar bankkaart na haar dood gebruik het. Owerhede sê die oorskot sal geïdentifiseer word en die ondersoek duur voort.