Oorsaak van Twaloloka-brand word nog ondersoek, 2 dood

‘n 38-jarige vrou en haar twee-jarige seuntjie is dood in die brand wat in die vroeë oggendure van Saterdag in die Twaloloka informele nedersetting voorgekom het. Volgens die Erongo-polisie is 20 wonings verwoes met die families wat haweloos gelaat is. Die polisie ondersoek nog die oorsaak van die brand. Net meer as twee jaar gelede, op 26 Julie, 2020, was daar ook ‘n verwoestende brand by die nedersetting en honderde is haweloos gelaat. Een baba is in daardie brand dood. Brande in informele nedersettings is veral algemeen in die winter wanneer inwoners kerse en vuur gebruik om warm te bly omdat daar nie dienste is nie.