Oorsaak van ontploffing probeer bepaal

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, sê hulle probeer steeds die oorsaak bepaal van die ontploffing wat die Johannesburgse middestad Woensdagmiddag laat geruk het, maar amptenare vermoed steeds ‘n gasontploffing. Een persoon is dood en 48 is beseer, toe dele van Breestraat tydens die ontploffing ineengestort het. Twaalf van die beseerdes is nog in die hospitaal. Die liggaam wat vanoggend gevind is, was onder ‘n taxi. Altesaam 34 voertuie is in die ontploffing beskadig. Lesufi het tydens ‘n media-inligtingsessie gesê Egoli Gas en Sasol is gevra om ook te help.