Oorlewende van bomaanval takel Kilimandjaro met rolstoel

‘n Oorlewende van die Manchester-bomaanval in Engeland in 2017 het die kruin van Berg Kilimanjaro in Tanzanië in sy rolstoel bereik. Die 45-jarige Martin Hibbert is verlam toe hy ‘n rugmurg-besering opgedoen het. Hy en sy tienerdogter, Eve, was slegs meters weg van die aanvaller, Salman Abadi, wat die dood van 22 mense veroorsaak het terwyl honderde beseer is. Eve het ook oorleef. Hibbert het Afrika se hoogste berg oorwin met die hulp van ‘n groep helpers in ‘n poging om 20 miljoen Namibiese dollar vir gestremdes in te samel.