Onwettige vullisstortingin Johannesburg

Die Stad Johannesburg sê hy is oor die feestyd geteister deur die onwettige storting van vullis in talle buurte, veral in die middestad, Bramley en Malvern. Hope vullis is bloot in strate en oop openbare ruimtes gestort deur inwoners en besighede, sonder enige agting vir enige regulasies en die omgewing. Die  burgemeesterskomiteelid vir omgewing- en infrastruktuurdienste, Michael Sun, sê PikitUp het onvermoeid gewerk om meer as 1 900 plekke in die metro-gebied op te ruim, waar vullis onwettig gestort is.