Onwettige nedersettings sal nie in Whk enige dienste ontvang nie

Stad Windhoek sê geen dienste soos water, krag en riool sal meer aan gebiede waar mense onwettig gevestig het, voorsien word nie. Die munisipaliteit sê die maatreël geld ook vir enige toekomstige onwettige nedersetting. Volgens die stadsraad is die onwettige besetting van grond ‘n erge uitdaging en het oor die jare vererger. Die kwessie kort dringende ingryping. Die stad sê verder ‘n beleid moet geskep word om nuwe lede van bestaande informele nedersettings beter te beheer en ook te bepaal presies waar hulle gevestig moet word. Met die beleid sal daar minder onwettige strukture verwyder moet word.