Onwettige kontantvloei moet op vasteland aangespreek word

Die buurland se finansminister, Enoch Godongwana, sê om aandag te skenk aan onwettige kontantvloei bly ‘n groot bekommernis vir belastingadministrasies in Afrika. Hy het gepraat op die Afrika-projek se 13de tweejaarlikse vergadering in Kaapstad, waaraan 37 Afrika-lande deelneem. Die fokus van die vergadering is hoe belastingowerhede hul pogings in die bekamping van finansiële misdade kan verbeter. Godongwana sê strategieë sal onder deelnemende lande gedeel word om samewerking te versterk en maatreëls in te stel om onwettige kontantvloei op die vasteland te bekamp: