Onwettige handel in Tik neem toe in Afrika

Volgens die jongste Wêreld-dwelmverslag van die Verenigde Nasies se Kantoor oor Dwelms en Misdaad neem die handel van metamfetamien, bekend as “Tik”, toe in Afrika. Tik kom in byna die helfte van al die lande in Afrika voor, met die grootste beslagleggings oor die afgelope dekade in Mosambiek, Suid-Afrika en Nigerië. Tik is veral vir ‘n aantal jare een van die mees misbruikte dwelmmiddels in die Wes-Kaap. Daar is egter hoop, sê die Wes-Kaapse minister van maatskaplike ontwikkeling, Sharna Fernandez.