Onwaar dat daar minder aan kommunale Meatco-produsente betaal word

Die hoof uitvoerende beampte van Meatco sê daar is geen onregverdige prysstrukture tussen kommunale en kommersiële boere nie. Sy aanmerkings aan Kosmos 94.1 Nuus kom na aanleiding van twee boere-unies, die nasionale boere-unie, NNFU, sowel as die ontluikende kommersiële boere-unie wat aanvoer dat boere in die noordelike kommunale streke nie dieselfde vir hulle diere betaal word nie. Mwilima Mushokabanji, sê pryse is markaangedrewe. 

Hy het ook terugvoer gegee oor die onlangse vergadering met produsente.