Ontwikkelingsbank se gradering is ongegrond – ekonoom

Die kredietgraderingsagentskap Fitch het die Ontwikkelingsbank van Namibië se kredietwaardigheid afgegradeer tot die laagste vlak, net voor die bank ‘n risiko vir lenings sal raak. Die agentskap sê die bank se vooruitstigte is stabiel maar, die staat se skuldlas wek kommer. Die bank word deur die finansministerie besit. Die bestuurende hoof by High Economic Intellligence, Salomo Hei, sê die gradering is ongegrond.