Ontvoerders laat 28 kinders gaan, 81 nog vas

Berigte uit Nigerië lui dat 28 kinders wat vroeër die maand by ‘n skool in die noorde van die land ontvoer is, vrygelaat is maar, daar is kommer oor die oorblywende 81 wat nog aangehou word. Die aanval op die hoërskool in die Kaduna-staat in Nigerië was die tiende massa skool-ontvoering sedert Desember verlede jaar. Owerhede in Nigerië sê die toenemende ontvoerings word deur bendes uitgevoer in ‘n poging om geld deur middel van ‘n losprys te maak, wat nie aangebied word nie.