Ontvanger in drie sake gedagvaar

Regter Thomas Masuku sal vanoggend drie sake aanhoor waar privaat maatskappye die kommissaris van binnelandse inkomste dagvaar vir wat hulle beskryf as foutiewe belastingberekenings. Bachmus Oil and Fuel Supplies dagvaar oor opgawes van vier jaar en so ook Oshana Hardware. Lithon Project Consultants sê daar is foute met drie boekjare. Die sake spruit uit opgawes wat voor die sogenaamde aanlynstelsel deur die Ontvanger geïmplementeer was. Die stelsel het in Januarie 2019 in werking getree. Al drie sake is in die hof vir ‘n statusverhoor.