Ontsouting – NamWater moet begin

Die Namibiese kabinet het opdrag aan NamWater gegee om, in samewerking met die ministerie van finansies, fase een van die ontsoutingsaanleg van stapel te stuur. Die opdrag volg na die lewensvatbaarheids ondersoek wat deur SLR omgewingskonsultante vir NamWater voltooi is. Die plan sal watertoevoer vir die kus en sentrale gebied versterk. Die projek sal volgens kenners miljarde Namibiese dollar kos en NamWater moet ontwikkelingsvennote en plaaslike en internasionale banke nader om befondsing te kry. Die maatskappy moet ook ingevolge kabinet se beslissing, die privaatsektor betrek.