Ontsnapte gou weer agter tralies

Die nuutgevonde vryheid van ‘n Suid-Kaapse man wat van diefstal, geldwassery en bedrog aangekla is, was van korte duur toe hy binne slegs ‘n paar uur weer in hegtenis geneem is. Dale Harmse het vanoggend uit die polisieselle in Mosselbaai ontsnap voor hy in die hof moes verskyn. Hy is later vandag by ‘n bande-onderneming in die nabygeleë George gevind en word na Mosselbaai teruggeneem. Harmse word aangekla omdat hy hom na bewering as ‘n advokaat voorgedoen en ‘n sake-eienaar uit ‘n halfmiljoen rand bedrieg het.