Ontploffing in Ghana eis 17, 45 beseer

Die dodetal in dié week se reuse-ontploffing naby die myndorp Bogoso in die suidweste van Ghana het tot minstens 17 gestyg. Polisiehoof William Jabialu sê 45 mense word in plaaslike hospitale behandel. ‘n Vragmotor wat met plofstof onderweg was na ‘n goudmyn het teen ‘n motorfiets gebots. Volgens berigte is sowat 500 huise beskadig of verwoes. President Nana Akufo-Addo sê die weermag het aangesluit by noodhulpverlening om die situasie te help beredder.