Ons steur ons nie oor PDM se uitlatings nie – IPC

Reaksie word ontvang op kommentaar deur die president van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, dat sy party die enigste een is met die emosionele volwassenheid om die land te regeer. Venaani sê dit is bewys deur die feit dat die setel in die Erongo-streeksraad vakant is. Die nasionale voorsitter van Independent Patriots for Change, Brian Black, sê hy steur hom nie veel aan wat die PDM te sê het nie.