‘Ons sal ons beloftes nakom in die IPC’

Jürgen Hecht van die Independent Patriots for Change sal vanoggend om nege-uur as raadslid van Stad Windhoek se munisipale raad ingewy word. Hecht sal die voormalige raadslid, Fillemon Hambuda, vervang wat in Augustus deur sy party onttrek is. Die Independent Patriots for Change se nasionale voorsitter, Brian Black wens Hecht geluk en sê aan inwoners van Windhoek die party sal gestand aan hul beloftes doen.