Ons sal genoeg reën kry

‘n Voorspelling vir ondergemiddelde reënval vir Namibië tot en met Maart, doen die rondes op sosiale media en wek kommer. Dit toon dat die sentrale gebied 40 persent onder gemiddelde reën sal ontvang terwyl die Noorde tussen 50 en 70 persent minder reën sal kry. Maar die SAOG-weerkenners sê daardie voorspelling is deur internasionale weerkenners gedoen en stem nie ooreen met plaaslike kenners nie. Inteendeel, die SAOG voorspelling toon normaal tot bo-normale reën vir Namibië gedurende Januarie met net die verre suidwestelik dele van ondernormale reën in Februarie sal ontvang wat kuslangs op beweeg gedurende Maart. Die voorspelling is dus vir bo-normale reën vir die grootste deel van die land. Die onafhanklike weerkenner Johan van den Berg het dit onlangs so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.