‘Ons moet vryheidstryd bespreek’

Die voormalige Namibiese adjunk-premier dr. Libertine Amadhila sê stories van die vryheidstryd moet vertel word. Sy het aan die plaaslike uitsaaier, die NBC, gesê gesprekke moet oor die oorlog gevoer word omdat die land vryheid bereik het as gevolg daarvan. In haar mening is dit verkeerd dat Namibiese jeug die pogings slegsê en van mening is dat dit niks met hulle uit te waai het nie. Maar, sy gee toe dat ekonomiese vryheid nog nie behaal is nie, alhoewel daar suksesse is. Namibië se jeug raak toenemend gefrustreerd deur ‘n wesenlike tekort aan geleenthede sowel as ekonomiese uitdagings.