Ons loer in by Save the Rhino-trust

Save the Rhino Trust Namibia se renosterwagters het die afgelope jaar ‘n afstand van 34 346 kilometer agter die Noordweste se vrylopende swartrenosters aangestap om hulle te beskerm. Dit is drie keer die afstand vanaf Swakopmund tot Londen. Die uitvoerende hoof van Save the Rhino Trust Namibia, Simson Urikhob, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus tot wat die renosterwagters alles moet doen om die ikoniese renosters te beskerm.