Onrus in Israel

Die owerhede in Israel sê minstens eenhonderd-en-63 Palestyne en ses Israelse polisiebeamptes is beseer in Jerusalem. Nuusagentskappe berig dat die meeste van hierdie mense by die Al-Aqsa-moskee beseer is toe Israeliese polisie rubberkoeëls en skokgranate afgevuur het en Palestyne klippe en bottels gegooi het. Spanning tussen die groepe neem toe oor die moontlike uitsetting van Palestyne uit grond wat deur Joodse setlaars geëis word.