Onmin op Okahandja duur onverpoosd voort

Dit wil voorkom asof die onmin in die Okahandja dorpsraad vererger en chaos terugkeer na die dorp. Swapo is op die huidige stadium in beheer en by gisteraand se vergadering is die IPC se Asker Aupindi gevra om die vergadering te verlaat. Charl Coetzee van die Okahandja Ratepayer’s Association het in protes toe ook die vergadering verlaat. Hy sê dat inligting van raadlede weerhou word.