Onmiddellike verbod op pluimvee-invoere vanuit SA

Die landbouministerie het pas te kenne gegee dat alle invoere van pluimvee en pluimvee-produkte, sowel as in-transito-vervoer vanuit Suid-Afrika met onmiddellike effek opgeskort is. Die buurland het gevalle van voëlgriep in sewe provinsies: KwaZulu-Natal, Wes-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, en Nood-Wes, aangemeld met twee stamme wat bevestig is. Eiers vorm deel van die verbod. Gekookte hoender-produkte word wel toegelaat.