Onluste: Wes-Kaap is gereed

Die polisie in die Wes-Kaap sê gebeurlikheidsplanne is in plek indien die onrus in die res van die land na dié provinsie oorspoel. ‘n Woordvoerder, Andreé Traut, sê ten spyte van die ontplooiing van die provinsie se openbare orde polisie-eenheid in KwaZulu-Natal, is daar genoeg lede beskikbaar om te ontplooi indien onrus in die Wes-Kaap sou uitbreek. Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid, JP Smith, sê ‘n elite-eenheid is in kleiner eenhede verdeel en by winkelsentrums ontplooi: