Onluste: VN gee N$20m vir KwaZulu-Natal

Die Verenigde Nasies het 20 miljoen Namibiese dollar se finansiële ondersteuning aan KwaZulu-Natal beloof as bydrae om die dele van die ekonomie wat deur die onrus in Julie geraak is, te herontwikkel en te herbou. Die VN se inwonende koördineerder en hoof van die VN in Suid-Afrika, Nardos Bhekele-Thomas, en premier Sihle Zikalala het by die Internasionale Konferensiesentrum in Durban ‘n memorandum van verstandhouding onderteken. Bhekele-Thomas sê die fondse sal gebruik word om programme te ondersteun wat gemik is op die ontwikkeling van onderwys, sosiale samehorigheid en skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld in die provinsie.