Onluste: nog arrestasies op pad

President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika sê die regering het alle beskikbare bronne gebruik om weer stabiliteit in KwaZulu-Natal en Gauteng te bewerkstellig. Meer as 300 mense is dood en duisende sakeondernemings is geplunder of afgebrand gedurende die onrus wat omtrent twee weke gelede uitgebreek het. Na raming kan die onluste die land ongeveer 50 miljard Suid-Afrikaanse rand in verlore uitset kos. Ramaphosa het die land gisteraand toegespreek en gesê meer lede van die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is in die twee provinsies ontplooi om stabiliteit teweeg te bring: