‘Ongrondwetlike’ tabakverbod was vernietigend

Tax Justice South Africa sê die tabakverbod tydens die inperking het ‘n vernietigende uitwerking op wettige sakeondernemings en die land se ekonomie gehad. Die Appèlhof in Bloemfontein het ‘n bevel van die Wes-Kaapse Hooggeregshof gehandhaaf wat Regulasie 45 van die Rampbestuurswet ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die wet het die verkoop van tabakprodukte tydens die nasionale ramptoestand verbied. Tax Justice South Africa sê beheer oor die sigaretbedryf is hierdeur aan misdadigers oorhandig en tien miljarde rand se belasting is sedertdien gesteel.