Ongelukke neem weer toe op ons paaie

Die Namibiese polisie het die afgelope naweek weer talle padongelukke aangemeld. Tydens die inperkingstyd was daar ‘n groot afname in ongelukke en minder mense het hul lewens op paaie verloor. Na verwagting gaan padongelukke tydens die feesseisoen weer skerp styg. Die Namibiese polisie se hoof van verkeer, kommissaris Amalia Gawanas, sê padveiligheidsinisiatiewe sal tydens die feesseisoen geld.