Ongeluk tussen Tsumeb en Oshivello eis een lewe

‘n Noodlottige ongeluk het laat Sondagmiddag tussen Tsumeb en Oshivelo plaasgevind. Volgens owerhede het die band van ‘n bakkie gebars en die bestuurder, wat beheer verloor het, het gebots met ‘n vragmotor, wat die pad verlaat het en omgeslaan het. Die bestuurder van die bakkie is op slag dood en die vragmotorbestuurder is vir beserings behandel. Noodhulpdienste was nog laat Sondagmiddag op die toneel.