Onenigheid in Gauteng

Die premier van Gauteng, David Makhura, is na wat berig word gedwing om in te gryp in ‘n stryery tussen die LUR vir Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Mbali Hlophe, en die hoof van die departement, Priscilla Masisi. Die twee top amptenare het glo klagtes teen mekaar ingedien. Makhura het advokaat Paul Kennedy aangestel om die saak te ondersoek nadat die amptenare bewerings en teen-bewerings van inmenging en onbevoegdheid jeens mekaar gemaak het.