One South Africa doen voorleggings oor nuwe Verkiesings-wetsontwerp

Die One South Africa-beweging gaan voorleggings doen by die openbare verhore oor die nuwe Verkiesings-wetsontwerp in KwaZulu-Natal en Limpopo. Die parlement het minder as 100 dae om nuwe wetgewing te aanvaar wat die manier waarop leiers verkies word, vir altyd te verander. OneSA se woordvoerder, Muzuli Rakhivhane, sê die verhore sal die volgende twee en ‘n half weke voortduur.