Onderwysers in IT opgelei

Loide Shaanika, sekretaris-generaal van die Namibië Nasionale Onderwysersvakbond, sê onderwysers moes tydens die Covid-pandemie aanlyn-klasse aanbied en ‘n leemte in die geletterdheid van inligting- en kommunikasietegnologie is geïdentifiseer. Daar gaan 754 onderwysers landwyd inligting- en kommunikasietegnologie geletterdheidsopleiding en -integrasie ontvang. Vanaf volgende maand sal 54 onderwysers per streek vir opleiding geneem word. Shaanika gesels met Kosmos 94.1 Nuus.