Onderwys sal nie AfriForum saak teenstaan nie

Die Suid-Afrikaanse departement van basiese onderwys het besluit om te wag vir die uitslag van ‘n hofaansoek teen sy besluit om nie die matriekuitslae in die media te publiseer nie. Hy sal nie die aansoek teenstaan nie. Woordvoerder Elijah Mhlanga sê die departement word gelei deur die noodsaak om aan alle regsvereistes te voldoen, maar hy moet uiteindelik aan die voorskrifte van die Grondwet voldoen om in die beste belang van leerders op te tree:

Die burgerregte-organisasie AfriForum het die hofaansoek saam met Maroela Media en ‘n matriekleerder, Anlé Spies, ingedien. AfriForum-woordvoerder Natasha Venter, sê die saak sal môre in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Die matriekuitslae word Donderdag bekend gemaak: