Onderwys pas uitnaweek-skedule aan
Die onderwysministerie het aanpassings aan sy skedule vir uitnaweke in sy koshuise gemaak. In ‘n omsendskrywe, sê die uitvoerende direkteur Sanet Steenkamp dat as gevolg van Hage Geingob se begrafnis volgende naweek en die vakansiedag wat vir Maandag verklaar is, is die uitnaweek van 1 Maart gekanselleer en verskuif na 24 tot 26 Februarie.