Ondersteuning vir Boris

Die Britse minister van verdediging, Liz Truss, sê eerste minister Boris Johnson het haar ondersteuning. Sy voeg by dat daar geen leierskapsverkiesing is nie en Johnson moet so lank as moontlik aanbly.

Johnson het die afgelope tyd gebuk gegaan onder oproepe dat hy bedank as gevolg van die nuus dat Downingstraat 10 verskeie partytjies tydens die inperkings in die land gehou het.