Ondersteuner van onderwys vir meisies dood in ontploffing in Kaboel

‘n Afghaanse geestelike wat ten gunste was van onderwys vir meisies, het in ‘n ontploffing in Kaboel gesterf. Die plofstof is na berig word in prostese versteek. Sjeik Rahimullah Haqqani was bekend as ‘n ondersteuner van die regerende Taliban wat ‘n godsdiensbevel of fatwa uitgereik het ter ondersteuning van onderwys vir vroue. Haqqani is voorheen geteiken deur die militante groep Islamitiese Staat. Reuters berig Haqqani is een van die mense met die hoogste profiel wat in Afghanistan vermoor is sedert die Taliban verlede jaar weer beheer oorgeneem het.