Ondersteun Sauma so teen uraanontginning

Reaksie is ontvang van die Stampriet Aquifer Uranium Mining Association, of Sauma, oor die sperdatum vir kommentaar op Uranium One se omgewingsimpakstudie vir toetsmynbedrywighede op die plaas Tripoli buite Leonardville, wat verleng is tot Vrydag, 23 Februarie. Sauma staan enige uraanontginning deur Uranium One en sy Namibiese filiaal Headspring Investments in die Stampriet-bekken teen. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Divan Opperman, voorsitter van Sauma, wat verduidelik hoe mens kan betrokke raak by hul saak.