Ondersoek van stapel gestuur na menslike oorskot in tas op veiling gevind is

Die polisie in Nieu-Seeland het ‘n ondersoek begin nadat ‘n gesin menslike oorskot gevind het in ‘n tas wat hulle op ‘n veiling by ‘n bergingsgerief gekoop het. Die gesin van Auckland het die grusame ontdekking gemaak toe hulle die goed deurgaan wat hulle gekoop het op ‘n veiling van goedere wat mense in houers agterlaat. Daar word berig bieërs ondersoek gewoonlik nie alles wat hulle koop nie en hoop net hulle kom op ‘n winskopie af. Die polisie sê hulle moet eers die oorskot identifiseer voordat hulle kan vasstel wat met die slagoffer gebeur het.