Ondersoek toon Mkhize se seun kry N$1,5m van Digital Vibes vir salon

Minstens 1 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die buurland se gesondheidsdepartement se omstrede Digital Vibes-kontrak is gebruik om ‘n nuwe salon te vestig vir die minister Zweli Mkhize se seun Dedani en sy skoondogter, Sthoko. Dit het aan die lig gekom in ‘n ondersoek deur Daily Maverick se Scorpio-joernaliste. Tammy Taylor Nails het in Desember verlede jaar in die Midlands Mall in Pietermaritzburg oopgemaak. Die ondersoek het ook onthul dat minstens 446 000 rand na die rekening van ‘n nuwe haarsalon, Gold Ace Cuts and Curls, herlei is. Die mede-eienaar is Dedani Mkhize en dit is naby sy vrou se naelsalon geleë.