Ondersoek na twee babas in Noorde sterf na inenting

Die Namibiese gesondheidsministerie sê hy stel ondersoek in na die sterfte van twee babas na hulle geïmmuniseer is by ‘n kliniek by Ongwediva. Beide babas is binne vyf dae na hulle die inenting ontvang het, dood. Die sterftes kom te midde van ‘n veldtog deur die ministerie vir roetine inentings van kinders regoor die land. Die toediening van meeste van die spuite is deur Covid onderbreek. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Ben Nangombe, sê na ‘n sterfte voorgekom het na ‘n inenting, is daar is spesiale prosedure wat gevolg moet word en dit is in werking gestel. ‘n Lykskouing sal ook gehou word om te bepaal presies waaraan die twee babas dood is.