Ondersoek na Ramaphosa is op dreef

Die Openbare Beskermer se kantoor het bevestig die ondersoek na bewerings dat President Cyril Ramaphosa die uitvoerende gesag se etiese kode verbreek het, duur voort. Dit hou verband met wat as die Phala-Phala saak bekend geword het. ‘n Woordvoerder van die kantoor, Oupa Segalwe, sê vier klagtes is ontvang. Twee daarvan is ingevolge die Wet op die Etiese Kode vir Lede van die Uitvoerende Gesag, terwyl die res ingevolge die Wet op die Openbare Beskermer aanhangig gemaak is: