Onderhoude vir Namibiese ombudsman op 20 Augustus

Weens die kansellering van onderhoude op 23 Julie vir die pos van die Namibiese ombudsman, het die Regsdienskommissie in ‘n mediaverklaring aangedui die onderhoude sal nou op 20 Augustus plaasvind. Die kandidate is Tousy Namiseb, Ruth Herunga en Basilius Dyakugha en die onderhoude sal regstreeks op die Regsdienskommissie se webtuiste uitgesaai word. Die huidige ombudsman, advokaat John Walters, is weer vir ‘n tydperk van twee maande vanaf 1 Augustus as waarnemende ombudsman aangestel. Hy sou einde Julie afgetree het.