Onderhoud by Lesotho se hooglandwaterprojek op skedule

Die Departement van Water en Sanitasie sê die Lesotho-hooglandwaterprojektonnel se onderhoud-operasies wat volgens beplanning in Maart 2025 voltooi sal wees, verloop goed sedert die sluiting van die tonnel vroeër die maand. Die woordvoerder van die departement, Wisane Mavasa, sê die tonnels se water is gedreineer en die proses van drooglegging het ‘n volle week geduur. Sy sê water uit die tonnels is in die Caledon- en Klein-Caledon-riviere in die Vrystaat gestort: