Onder 18 en Chinees? Jy speel net 3 ure!

China het nuwe wetgewing daargestel wat kinders onder die ouderdom van 18 verbied om meer as drie ure ‘n week video-speletjies te speel. Media berig dat gesigsherkenning-tegnologie benut sal word vir spelers om te bewys dat hulle wel ouer is as 18 jaar en indien hulle nie kan nie, sal toegang tot die speletjie opgeskort word. Dit sluit ook selfoontoepassings in. Chinese owerhede sê video-speletjies belemmer kinders se gesonde groei en kommentators sê dat ouers in die land oor die algemeen verkies dat owerhede sulke tipe maatreëls instel. Die wetgewing laat net toe dat kinders onder 18 Vrydae, Saterdae en Sondae tussen agt-uur en nege-uur saans speel.