Omusati se geslagsgeweld wek kommer

‘n Geslagsaktivis het haar kommer uitgespreek oor die misdaadstatistieke in die Omusati-streek. Die goerwerneur, Erginus Endjala sê dat ‘n totaal van 254 geslagsgeweldgevalle gedurende die boekjaar 2021/22 aangemeld is, vergeleke met 247 gevalle in 2021, wat ‘n toename van 3 persent is. Die streek het 39 gevalle van moord aangemeld vergeleke met 25 sake die vorige jaar, wat ‘n toename van 36 persent is. Die goeie nuus is dat daar ‘n afname van 16 persent van verkragtingsgevalle aangemeld is, nadat dit van 85 tot 71 sake vanjaar gedaal het. Linda Baumann deel haar kommer met Kosmos 94.1 Nuus.