Omstrede Albert Fritz van DA bedank

Die omstrede voormalige ampsdraer van die DA in die Wes-Kaap, Albert Fritz, het as die party se provinsiale leier bedank en ook as lid. Dit volg nadat premier Alan Winde hom vanoggend as LUR vir gemeenskapsveiligheid afgedank het. Fritz is ook 24 uur gegee om redes te verskaf waarom hy nie uit party-bedrywighede geskors moet word nie. Fritz is vroeër as LUR geskors ná bewerings van seksuele wangedrag teen hom. Hy het toe ook teruggestaan van sy rol as provinsiale leier. ‘n Nuwe leier sal verkies word op die provinsiale raadsvergadering in Mei.