Omikron: taai teen inentings, besmet makliker weer

Navorsing in die Verenigde Koninkryk toon dat vir Britte, is die doeltreffendheid van die beskikbare Covid-entstowwe in daardie land teen Omikron tussen 0 en 20 persent na twee dosisse entstof en tussen 55 en 80 persent na ‘n vesterkdosis. Met individuele faktore vir risiko in ag geneem, is dit 5,4 meer waarskynlik om weer met Omikron besmet te wees, vergeleke met Delta. Die studie, wat gefokus het op gesondheidswerkers toon dat daar 85 persent beskerming is na ‘n vorige infeksie met Covid maar, met Omikron, daal die beskerming na 19 persent toe.